Reg: 2019/390553/07

gallery/16c53a1ea7406c8b4a577795fac94fa3.lock
gallery/images
About Us

Die woord "legende" word in Suid-Afrika te maklik gebruik. As jy na 'n persoon verwys as 'n legende, dan verwys jy na iemand wat uitgeblink het in hulle veld.

 

Dit is iemand wat baie bekendheid verwerf het. 'n Legende word bemin deur baie mense. Eerste in sy soort- Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum in Pretoria, Gauteng is in Augustus 2019 gestig om hulde te bring aan Suid-Afrika se grootste legendes. Die drie grootste legendes van die laaste 100 jaar was  in 2016 aangewys.Gé Korsten, Min Shaw & Mimi Coertse het die titel beklee. Ons het gevoel dat daar baie ander Afrikaanse en Engelse Suid-Afrikaners is wat ook die titel van legende verdien het. Daar was nerens in Suid-Afrika 'n museum of instansie waar ons legendes vereer word nie. Hieruit is die SA Legendes Museum gebore. Die museum & teater bring hulde aan sangers,  akteurs, skrywers en radio en TV persoonlikhede uit die laaste eeu. 


Die museum & teater kompleks se deure sal vanaf Januarie 2020 oop wees vir die publiek. Altesaam 116 Suid-Afrikaanse legendes se bydrae en nalatenskap word in ons gebou gevier. Legendes wat al oorlede is was ook ingesluit. Die besoekers en lewende legendes wat vir die museum kom kuier sal kan uitsien na was standbeelde en borsbeelde van hul gunsteling legendes. Die publiek sal ook persoonlike gedenkwaardighede soos verhoogklere, toekennings, goue plate ens. van die legendes kan aanskou. 'n Video biografie sal ook van elk van die legendes se uitstallings gespeel word. Hierdie museum is 'n eerste in sy soort en is hier om te bly. 25% van kaartjie verkope word aan die TBF (teater bystands fonds) geskenk.

Besoek gerus ons Facebook bladsy om op hoogte te bly van al die nuustste verwikkelinge.

Groete,

Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum Span.