Reg: 2019/390553/07

Nuus

09/08/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag Nasionale Vrouedag gevier met onse Mimi. Bekende pianis, Martin Lance het ons koningin van die nag bederf met verversings, spesiale blomme, heerlike kuier en samesyn.

 

Die kuier word afgesluit deur immergroen melodieë deur Martin Lane op die pragtige Steinway & Sons Weense klavier. Mimi het 'n traan weggepik.

13/08/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kuier by een van ons grootste legendes, die nimlike Min Shaw.

 

Hier oorhandig Min van haar toekennings wat sy aan die museum geskenk het vir uitstalling.

 

Haar ATKV oorkonde, 58 plaat toekenning van 1966-1996 asook van haar SARIE's sal in die museum te siene wees. Sy bly na al die jare 'n nooi soos Min!

15/08/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om by die sangeres Cora Marie se broer en skoonsuster te kuier.

 

Dit was 'n dag gevul met nostalgie. Bobby en Hanlie het groothartig van Cora Marie se goue plaat toekennings asook van haar verhoogklere, juwele en 'n paar van haar Country stewels geskenk.

 

Die klere wat sy op die musiekvideo van "Mamma Leonie" gedra het sal ook in die museum te siene wees. Daar was maar net een Cora Marie!

20/08/2019

 

Die Suid Afrikaanse Legendes Museum het vandag die voorreg gehad om aan huis by een van die top 10 legendes van alle tye te kuier. Manuel Escorcio. Manuel het openhartig twee van sy goue plaat toekennings aan die museum geskenk.

 

Die eerste is sy tweede goue plaat toekenning wat hy ontvang het vir sy album "Romance" vir verkope van meer as 20 000 eenhede. Die tweede goue plaat is ook baie spesiaal. Dis die eerste goue plaat wat Manuel en sy sangmaat, wyle Janita Claassen ontvang het vir hul eerste album as duo: "Liefde Immergroen" waarvan daar ook meer as 20 000 eksemplare van verkoop is. Beide hierdie spesiale goue plaat toekennings sal in die museum te siene wees saam met van Manuel se ander toekennings, plate, fotos ens.

 

Een van sy pragtige verhooguitrustings vanuit Amerika sal ook uitgestal word, asook 'n paar ander verrassings. Vandag het ons die man agter die kunstenaar beter leer ken en hy het vir ons gesing. Manuel is sowaar 'n baie spesiale Suid-Afrikaner en lewende legende!

 

06/09/2019

 

Die Suid Afrikaanse Legendes Museum het vandag aanhuis gekuier by die dogter van die legendariese akteur, Siegfried Mynhardt.

10/09/2019

 

Opregte mense is skaars in die tye waarin ons lewe. Vanmiddag het ons die voorreg gehad om by 'n baie spesiale en opregte mens te kuier. Willem Willemse was die sangeres Cora Marie se beste vriend.

 

Willem het met 'n oop hart al sy Cora Marie gedenkwaardighede geskenk vir uitstalling in die Suid Afrikaanse Legendes Museum. Daar is baie skatte in hierdie skenking. Al die items het persoonlik aan Cora Marie behoort en het in haar huis gehang. Blok fotos, geraamde fotos, twee van haar stetson hoedens met haar naam in wat sy in Amerika laat maak het.

 

Persoonlike fotos uit haar kinderjare en vir ons die mees spesiale item: Cora se oorspronklike 1ste persoonlike plakboek. Liewe Willem, ons weet nie hoe om vir jou dankie te sê nie.

 

Dankie vir jou onbaatsugtigheid om al hierdie items te skenk. Nou kan Cora se gedenkwaardighede met die wêreld gedeel word.

16/09/2019

 

Die Suid Afrikaanse Legendes Museum het vandag die legendariese sangeres, Virginia Lee se SARI toekenning ontvang al die pad vanaf Kanada. Haar enigste kind, Peggy het dit aan die museum geskenk. Thank you so much Peggy!

18/09/2019

 

Die Suid Afrikaanse Legendes Museum het vandag aan huis gekuier by een van die grootste legendes van Suid-Afrika, Lance James.

 

Lance het twee stetson hoede wat hy reg oor die wêreld gedra het, 2 "bolo ties" vanaf Nashville, 'n paar van sy "Country" stewels, 'n hemp en 'n pak klere aan die museum geskenk. Ons is baie trots om hierdie legende in te huldig."Keep it Country"!

26/09/2019

 

Die Suid Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kuier in die huis waar Esmé gebly het. Haar twee seuns, Raul en Fernando het 'n oorspronklike skildery wat in 1984 van Esmé geskilder is geskenk aan die museum asook die stêr van Suid Afrika wat in 1982 aan Esmé deur die staatspresident aan haar oorhandig was. Dit was destyds die hoogste eer wat aan 'n Suid-Afrikaner toegeken kan word.

 

Esmé word dus die eerste Radio persoonlikheid wat as legende ingehuldig gaan word.

27/09/2019

 

Die Suid Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kuier by die bekendste gesig in Suid-Afrika.

Baie dankie Riaan en Riana vir 'n heerlike kuier.

28/09/2019

 

Die Suid Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kuier by Al se vrou, Ansa Debbo.

 

Dankie Ansa vir 'n heerlike kuier.

Ansa en haar seuns het 'n hele paar van Al se gedenkwaardighede geskenk aan die museum.

Ons bring hulde aan Al vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek, Afrikaanse rolprente en vermaak.

05/10/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kuier by Leonore se suster, die alombekende aktrise en sopraan, Barbara Veenemans en haar dogter Michelle Veenemans wat groothartig een van Leonore Veenemans se persoonlike uitrustings geskenk het, asook 'n reklame blokfoto vir haar deelname in "Madame Butterfly" asook 'n groot geraamde foto van Leonore Veenemans.

 

Dankie liewe Barbara en Michelle.

05/10/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag heerlik aan huis gekuier by Barbara en Michelle en ons was bederf met 'n heerlike "high tea". Baie dankie liewe Barbara en Michelle vir 'n heerlike kuier.

Barbara en Michelle het een van Barbara se verhoog uitrustings en 'n oorspronklike skildery van Barbara Veenemans aan die museum geskenk.

 

Hierdie gedenkwaardighede asook ander sal in die museum uitgestal word.

Ons salueer 'n lewende musieklegende: Barbara Veenemans

11/10/2019

 

Die Suid Afrikaanse legendes museum se kreatiewe span het vandag aan huis by Brumilda gaan kuier waar sy 'n pragtige skildery van haarself aan die museum geskenk het asook 'n asemrowende rok.

 

Brumilda het vandag ook geskiedenis gemaak deur die eerste legende van die museum te wees van wie daar 'n 3D afdruk vandag gemaak is.

 

Brumilda van Rensburg- stylvol, mooi en een van ons land se beste aktrises. Ons salueer jou B!

18/10/2019

 

Die Suid Afrikaanse Legendes Museum het vandag die voorreg gehad om 'n 3D afdruk van die legendariese Barbara Veenemans te kon maak vir haar borsbeeld wat in die museum te siene sal wees.

 

Dankie aan Barbara, Michelle en die SA Legendes museum span vir die heerlike saamwerk. Dit was sowaar 'n span poging.

18/10/2019

 

Die Suid Afrikaanse Legendes museum het vandag die voorreg gehad om 'n 3D afdruk van Min Shaw te kon maak vir haar borsbeeld wat in die museum te siene sal wees.

 

Alles was afgehandel by een van ons ander ingehuldigde legendes-Barbara Veenemans se huis. Dankie Barbara en Min en die res van ons span.

30/10/2019

 

Dis vir die Suid Afrikaanse legendes museum 'n verskriklike groot eer om aan te kondig dat die legendariese sangeres, Glenys Lynne en haar man Clive Harding (die stigterslid van die legendariese popgroep, 'Four Jacks and a Jill" ) ingehuldig gaan word in die Suid-Afrikaanse legendes museum. Hierdie twee ikone het saam met die groep 'Four Jacks and a Jill' musiekgeskiedenis gemaak deur die heel eerste SA musikante te word aan wie 'n dubbelgoud plate toekenning oorhandig was.

 

 Die museum se verteenwoordiger het die voorreg gehad om twee keer aan huis by hulle te kon kuier.

31/10/2019

 

Die SA legendes museum was vandag vir middagete genooi by Mimi Coertse en haar dogter Mia. Mimi het hierdie pragtige balrok wat sy in Egoli gedra het geskenk aan die museum asook verskeie toekennings. Sy bly "Ons eie Mimi" en een van die drie grootste legendes van die laaste eeu.

04/11/2019

 

Die Suid Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kuier by die legendariese sanger, akteur, liedjieskrywer en radio & TV aanbieder, Gert van Tonder. Gert se toekennings(insluitend die SARI toekenning wat Groep Twee in 1975 gewen het asook die Internasionale Midem toekenning wat hy en Sias in 1966 oorsee ontvang het, asook van sy verhoogklere sal te siene wees in die museum. Dankie Gert, jy is 'n lewendige legende!

08/11/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die legendariese Des & Dawn Lindberg ook ingehuldig gaan word as legendes in die museum.

 

Ons het vandag die voorreg gehad om aan huis by hulle te kon kuier en verskeie albums, programme, plakkate en verhoog kostuums is aan die museum geskenk vir uitstalling.

 

Baie dankie Des & Dawn!

14/11/2019

 

Die Suid -Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kuier by nog een van Suid-Afrika se legendes. Die legendariese aktrise, TV-aanbieder, sangeres, draaiboek skrywer en stemkunstenaar, Magda van Biljon.

15/11/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die legendariese Suid-Afrikaanse akteur, grapmaker, vervaardiger en aanbieder, wyle Zack du Plessis ook ingehuldig gaan word as legende in die Suid-Afrikaanse legendes museum.

20/11/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die legendariese sangeres en aktrise, Amanda Strydom ingehuldig gaan word in die museum.

 

Ons het vandag die voorreg gehad om aan huis by Amanda te kon kuier waar ons beeldhou kunstenaar die 3D skandering van haar gesig ook afgehandel het. Dit is vir die borsbeeld wat ons van Amanda gaan maak.

27/11/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum se span het vandag weer by Gert van Tonder gaan kuier. Die keer om die 3D afdruk te neem vir sy borsbeeld.

27/11/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum glo dat ons ook erkenning moet gee aan die mense wat agter die skerms gewerk het. Ons is dus baie trots om aan te kondig dat Tinus Esterhuizen ingehuldig gaan word in die museum.

27/11/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die legendariese Afrikaanse sangeres, Anneli van Rooyen ingehuldig gaan word as legende.

 

Anneli en haar assistent, Elouna het vandag vir ons kom kuier om die 3D afdruk vir haar borsbeeld af te handel.

28/11/2019

 

Die Suid Afrikaanse Legendes Museum het vandag die voorreg gehad om weer aan huis te kuier by die legendariese Lance James. Ons het Lance se 3D afdruk geneem vir sy borsbeeld. Dankie aan ons wonderlike span- Clyde, Nico en Laurie en aan Lance en Eunice vir julle gasvryheid!

02/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum se span het vandag die 3D afdruk gaan neem van die legendariese, Magda van Biljon. Dankie liewe Magda vir die heerlike kuier 

02/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die legendariese Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, regisseur, sanger en liedjieskrywer, Johan Stemmet ingehuldig gaan word as legende in die museum.

 

Ons het vandag die voorreg gehad om vandag by Johan te gaan kuier en die 3D afdruk vir sy borsbeeld te neem.

04/12/2019

 

Die museum se span het die voorreg gehad om vandag aan huis te kuier by die legendariese Glenys Lynn en Clive Harding (Four Jacks and a Jill). Nico het hul 3D skandering afgehandel vir hul borsbeelde. Dankie liewe Glenys en Clive en die res van ons span.

06/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag die groot voorreg gehad om te gaan kuier by een van Suid-Afrika se bekendste stemme. David Gresham - Sanger, platebaas en radio & TV-aanbieder.

10/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum se span het vandag Kaap toe gevlieg en by 'n paar van Suid-Afrika se teater en kabaret legendes gaan kuier.

Een van Suid Afrika se teater en kabaret legendes is Alvon Collison. Johan Stemmet verwys na hom as "Mr Showbiz".

 

Ons het vandag by hierdie lewende legende gaan kuier waar ons die 3D afdruk van sy borsbeeld afgehandel het. Hy het ook die kostuum wat hy as "Pharaoh" gedra het aan die museum geskenk.

10/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag in die Kaap gaan kuier vir die legendariese aktrise, Annelisa Weiland.

 

Annelisa het haar Artes en Tempo toekennings aan die museum geskenk asook ander gedenkwaardighede.

Sy is 'n ware ikoon!

11/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om by nog 'n kabaret en teater legende te gaan kuier wat deesdae in Muizenberg in die Kaap woon. Die formidabele aktrise, Natalia Da Rocha.

 

Ons is trots om aan te kondig dat Natalia da Rocha ook ingehuldig gaan word as legende in die SA legendes museum.

11/12/2019

Ons het vandag ons Kaapse kuier afgesluit deur te gaan kuier by een van Suid-Afrika se grootste teater en kabaret Divas- die legendariese Judy Page.

 

Ons is baie trots om aan te kondig dat Judy Page ook ingehuldig gaan word as legende in die museum.

Verskeie van haar gedenkwaardighede sal in die museum uitgestal word asook een van haar gewildste teater uitrustings.

12/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum vereer ook legendes wat agter die skerms gewerk het.

 

Iemand wat diep spore in die musiekbedryf getrap het is die legendariese Lydia Winchester.

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag die voorreg gehad om aan huis te kon kuier by Lydia Winchester. Tydens die kuier het ons 'n 3D afdruk van Lydia geneem vir die maak van haar borsbeeld wat in die museum onthul sal word. 

14/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat Richard Loring ook ingehuldig gaan word as legende.

 

Die span het vandag by hom gaan kuier en sy 3D afdruk afgehandel vir die maak van sy borsbeeld.

16/12/2019

 

Die Suid Afrikaanse legendes museum het vandag Manuel Escorcio se 70ste verjaardagpartytjie bygewoon. Talle bekendes soos Manie Jackson, Pierre van der Westhuizen, Kobus Rudolph,Mara van der Bergh en vele ander vriende was daar. Dankie aan Wilma en Clyde vir al die reëlings.

17/12/2019

 

Radio & musiek legende en een van die legendes van die Suid Afrikaanse legendes museum, Tinus Esterhuizen het vandag waardevolle radio gedenkwaardighede uit die Springbok radio en Afrikaanse stereo dae aan die museum oorhandig.

 

Ons is daarna genooi om in te luister na sy program op Pretoria FM waar hy toe met MD Greyling oor die museum gepraat het. Dankie Tinus!

17/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die legendariese sangeres, Maritza ingehuldig gaan word as legende in die museum.

 

Die span het vandag die voorreg gehad om aan huis by Maritza te gaan kuier waar ons die 3D afdruk vir haar borsbeeld afgehandel het.

18/12/2019

Die span het vanoggend vir die derde keer aan huis gekuier by Suid-Afrika se regte diva-Dr. Mimi Coertse. Die keer was dit om haar 3D afdruk af te handel vir haar borsbeeld.

 

Dankie Mimi en Lizet vir die heerlike ontvang.

21/12/2019

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum het vandag aan huis gekuier by die legendariese aktrise, Lizz Meiring.

 

Ons is baie trots om aan te kondig dat hierdie finominale dame as legende ingehuldig gaan word in die Suid-Afrikaanse legendes museum.

23/12/2019

 

Die Suid Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die Afrikaanse musikant, musiekregisseur, vervaardiger en verwerker, Boet Pretorius ingehuldig gaan word as legende in die museum.

 

Die span het vandag saam met hom gaan koffie drink en sy 3D afdruk vir sy borsbeeld afgehandel.

23/12/2019

 

Today, the South African legends museum had the honour to visit the legendary renowned South African actress of stage and screen- Anne Power.

 

We are very proud to announce that Anne Power will be inducted as a legend in the museum.

23/12/2019

 

Die laaste legende wat ons vandag besoek het is die befaamde liedjieskrywer, André Viljoen- iemand wat agter die skerms diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap het.

 

Ons is baie trots om aan te kondig dat André Viljoen ook ingehuldig gaan word in die Suid Afrikaanse Legendes Museum.

03/01/2020

 

Die Suid-Afrikaanse legendes museum is baie trots om aan te kondig dat die legendariese Suid-Afrikaanse aktrise, Shaleen Surtie-Richards ingehuldig gaan word in die museum.

 

Ons het vandag die voorreg gehad om aan huis by haar te kon kuier.

06/01/2020

 

Die Riversdaller Christiaan J de Swardt, beter bekend as CJ die Loslit DJ, vier vanjaar veertig jaar in die joernalistiek.

 

Gepas word hy vanjaar vereer met die onthulling van sy borsbeeld en inhuldiging as lewende legende by die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum in Pretoria.